the loft radio

jeug kultuur op [AM 657 kHz]

Hier's Ons DJ's

Hier is 'n paar interessanthede oor The Loft se DJ's.

Wynand du Preez

Wynand is in 1985 in Pretoria gebore, maar het in Johannesburg groot geword waar hy sy skool loopbaan voltooi het. Hy is tans ʼn teologie student in sy finale jaar by die Universiteit van Pretoria. Wynand het ʼn reuse passie vir die jeug en is daarom die afgelope drie jaar die jeugprogram “The Loft” betrokke. Hy is ook ʼn jeugwerker by ʼn gemeente in Johannesburg waar hy veral met die hoërskool jeug werk.

Wynand is mal oor sport en kyk graag rugby, krieket, sokker, gholf, tennis en sommer enige ander sport wat op is. Hy speel self squash en gholf en hou van gym. Sy ander stokperdjies is kitaar speel en musiek maak. Hy is al vir 8 jaar by verskillende gemeentes betrokke waar hy help om die worship te lei.

e theloft@radiokansel.co.za

Berdene du Toit

Ek is gebore, getoë en grootgemaak in Johannesburg. Ek het feitlik grootgeword op 'n verhoog en baie van my tyd het in drama en teaterwerk gegaan. Tans, is ek besig met 'n BA-graad in Sielkunde en Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van Pretoria.

As jy my sou vra wat my opgewonde maak, sal ek vir jou vertel dat ek vanaf 'n jong ouderdom bewus was van 'n bepaalde "blank" in ons stukkende wêreld. God het 'n passie in my hart geplaas om deel te wees van die volmaak van dié "blank" – om die stukkende wêreld weer gesond te maak vir God se koningkryk. Ek is daarom betrokke by 'n klomp projekte waar hulle die lewensomstandighede van mense probeer beter maak en hulle bemagtig deur die proses.

Dis vir my 'n voorreg om deel te wees van "The Loft" en ek is dankbaar vir die platform wat ons het om met die jeug van Suid-Afrika te kan "connect". Ek sien uit na dit wat nog voorlê vir die program en Radio Kansel.

e theloft@radiokansel.co.za